20 Modules

Januarie: Trek 'n Blikkie oor!

Hier is so klein ietsie om mee te speel. Ek het die blikkies vir die kerk gemaak. Maak houers vir penne, inkleurpotlode, skêre, hekel- en breipenne, koekvurkies, ens!  Gebruik verskillende grootte blikkies.

Volg die aanwysings in die video.

Let Wel: Die video het GEEN KLANK nie - net geskrewe info

Iets van Niets

Gebruik al jou afval lappies en maak iets bruikbaar! Hier deel ek planne daarvoor. 

Vadoek Sak

Maak 'n sak vir jou vadoeke om in jou kombuis te hang.

Jy kan ook die aanwysings volg en 'n groter sak vir jou handoeke in die badkamer maak of 'n sak vir baba se doeke! As jy baie slim wil wees, kan jy selfs 'n rits insit! Dit sal veral lekker werk vir 'n doekesak wanneer mens reis. Jy kan ook die voorkant versier met kant, lint en borduurwerk. 

Ek het shwe-shwe gebruik, maar enige stewige katoen, denim of ligte gordynstof sak geskik wees.

Lekker Huis Slippertjies!

Ek maak elke jaar vir my 'n paar stelle van hierdie slippers om in die huis te dra. Enige rekstof werk, maar polarfleece en sweetpaklap is lekker warm, veral saam met kouse!

Projek 2 - Fusion Kwilt: Hexies (April 2024)

Kombineer EPP, kwiltwerk en hekel in 'n fushion kwilt! Alles wat lekker is om te doen in een projek!

Projek 2 - Fusion Kwilt: Maak jou blokkies (Mei 2024)

Noudat jy 'n lekker stapel hexies het, gaan jy die hexies op agtergrond blokke vaswerk, kwilt en voorberei vir die hekelwerk. 

Projek 2 (alternatief): Hexie QAYG Projek (April 2024)

Vir die lede wat nie kan hekel nie, gaan ek 'n alternatiewe metode hier wys wat soortgelyk is aan die fushion kwilt, maar sonder hekelwerk. Jy gaan dieselfde materiale nodig hê, behalwe vir die hekelgare en hekelpen! 

Die eerste maand verskil nie van die Fushion kwilt nie, so volg asb die aanwysings daar! Van volgende maand af sal ek hier aparte aanwysings plaas vir die QAYG projek.

Projek 2 (alternatief): Hexie QAYG Projek (Mei 2024)

Hierdie maand gaan ons die hexie blomme op 'n agtergrond lappie vaswerk en kwilt.

Projek 2 (alternatief): Hexie QAYG Projek (Junie 2024)

Hierdie maand gaan ons die blokke wat ons gemaak het met 'n tegniek bekend as QAYG - "quilt as you go" las.  Daar is verskillende maniere om die tegniek te gebruik, wat beide masjien- en handwerk insluit. Soos met alle kwiltwerk is dit belangrik om netjies en akkuraat te werk as jy 'n eindproduk wil hê waarop jy kan trots wees!

Projek 3: Organiseer jou Naaldwerkspasie (Julie) - Stryktafeltjie

Hierdie maand maak ons 'n stryktafeltjie met ekstra bêreplek wat kan opvou en in 'n smal spasie (of onder die bed!) kan inskuif.

Projek 3: Organiseer jou Naaldwerkspasie (Augustus) - Beskerm jou masjien/e

Hierdie maand maak ons oortreksels vir ons masjiene wat sommer bêreplek het vir die voetstuk, kragkabel en masjienboekie. 

Ek wys hoe om 'n patroon vir jou spesifieke masjien te trek en hoe om 'n voorkant met laslapwerk te beplan en te maak. 

Projek 3: Organiseer jou Naaldwerkspasie (September) - Bêreplek vir jou naaldwerkgoed

Hierdie maand organiseer ons al daardie naaldwerkgoedjies waarsonder ons nie kan klaarkom nie! Ons gebruik 'n plastiese rakkie (Addis laaikassie) en maak 'n sak waarin hy pas en wat jy met gemak kan rondra. Ons maak ook plan met die laaie se organisasie en 'n lekker houer vir al ons garetolletjies. 

Vingerlose Handskoene

Maak hierdie vinnige vingerlose handskoene in 'n japtrap om jou hande warm te hou!

Gebruik stukke oorskiet polar fleece hiervoor.

Hotpads

Maak "hotpads" vir jou tafel. Die bokant word gebrei of gehekel. Gebruik kou gunsteling doilie patroon en hekel 'n ronde hotpad of brei eenvoudige blokke soos myne. 

Netti se Handwerk Kuiergroep

Modules for this product 20
Buy Netti se Handwerk Kuiergroep

Already have access to this product?    Sign In Here


Personal Information


Other Available Products

My Products Available Products
Sign In

Sign In Details

Forgot Password