NAALDEBOEKIE en SPELDEKUSSING
'n Naaldeboekie en speldekussing is iets wat elkeen wat selfs net ‘n bietjie naaldwerk doen, sal waardeer! Maak dit om bymekaar te pas. Ek gebruik my naaldeboekie en speldekussing letterlik elke dag - soms moet ek deur die huis loop en soek, want ek kan nie altyd onthou waar ek dit laaste gebruik het nie!
Is jy lief vir handwerk en borduur? Soek jy gedurig na die regte naald vir die regte borduursteek? Is jy soms onseker watse naald dit is wat so lekker tussen die spelde wegkruip?
In hierdie projek maak ons 'n NAALDEBOEKIE met vilt blaaie - een bladsy vir elke tipe naald, mooi gemerk sodat jy presies weet watse naald dit is en watter grootte!
Ons maak ook 'n spoggerige speldekussing wat by jou naaldeboekie pas en wat jy met trots kan gebruik.