Welkom by Patches & Dreams Projekte en Kursusse

Hier gaan ons lekker saamwerk en sommer 'n wa-vrag mooi goed maak!

Hoe om te begin:

Hoe skryf jy in? Stuur 'n WhatsApp na 0765898401 met jou naam en die projek/kursus waarvoor jy wil inskryf. Betalingsinligting sal aan jou gestuur word en sodra jou betaling reflekteer, sal jy login details ontvang. 

Hoe gemaak om die projek/kursus waarvoor jy ingeskryf het, oop te maak?

  1. Om toegang te kry tot die kursus/projek waarvoor jy ingeskryf het, moet jy inteken met jou epos adres en password soos aan jou gestuur na betaling
  2. Kliek nou op die twee lyntjies aan die linkerkant van die skerm
  3. Kies "My Products" - die projek(te)/kursus(se) waarvoor jy ingeskryf het sal almal daar gelys wees.

Available Products

Naaldeboekie en Speldekussing Projek

Is jy lief vir handwerk en borduur?  Soek jy gedurig na die regte naald vir die regte borduursteek?  Is jy soms onseker watse naald dit is wat so lekker tussen die spelde wegkruip?

In hierdie projek maak ons 'n NAALDEBOEKIE met vilt blaaie - een bladsy vir elke tipe naald, mooi gemerk sodat jy presies weet watse naald dit is en watter grootte!

Ons maak ook 'n spoggerige speldekussing wat by jou naaldeboekie pas en wat jy met trots kan gebruik.

Netti se Handwerk Kuiergroep

Netti se Handwerk Kuiergroep 2024:

1. Koste? 

- R49/maand, betaalbaar teen 7e van die maand. Jy kan enige tyd kanselleer

 - Die groep se doelwit is om tegnieke te leer/verbeter, mooi goed te maak en veral vriendskappe te bou en mekaar te ondersteun.

2. Wat sluit dit in?
- 4 "groot" projekte in die jaar wat elkeen oor 3 maande strek. Elke projek sal in diepte na 'n tegniek  soos appliek, laslap, borduur, ens kyk wat jy dan kan bemeester en oor en oor gebruik.

- Ten minste een kleiner projekkie per maand

- Aanwysings vir groot projekte sal in videos wees, maar kleiner projekte sal videos óf geskrewe instruksies met fotos wees. Patrone is altyd ingesluit. Voorstelle/versoeke vir kleiner projekte is altyd welkom!

- Projekte sal op 'n webblad aangebied word (Membervault), maar ons kuier saam op 'n private Facebook groep waar ons show&tell en lief en leed deel.

My Products Available Products
Sign In

Sign In Details

Forgot Password